Woord vir woord

Woord vir woord #5: Tannies en hul stories

Ek en die Baardman is by ’n funksie. Twee (dierbare, mind you) tannies gesels met ons oor Boekwurm #3 se koms.


Tannie 1: “So gaan jy natuurlik gaan of gaan jy ’n keisersnee kry?”

(Baardman druk twee pasteitjies in sy mond. Maggie hoor via telepatiese kommunikasie hoe die noodseine in sy kop afgaan en sien die rooi alarmligte in sy oë flikker.)

Maggie: “Ek gaan maar doen wat ons mediese span as beste vir die baba aanbeveel.”

Tannie 2: “Ja, jy weet ek kon nie natuurlik geboorte skenk nie. Nie oor ek nie wou nie, maar omdat…”

(Baardman druk ’n kaasworsie in sy mond in.)

Maggie (via telepatie aan Baardman): “Vlug! Vlug NOU!”

Baardman (proes deur die pasteikrummels deur en beweeg vinniger as Wayde van Niekerk weg): “Ek gaan nog kos kry.”

Tannie 2: “… al my gate nie wou oopgaan nie.”

(Maggie skakel in haar brein oor na haar statiese radiostasie en knik maar saam terwyl sy vol verlange staar na Baardman met die drie cherry bacons in sy mond.)

 

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.