Woord vir woord

Woord vir woord #1

Een van die plesiere van swanger wees is dat jy jou ander helfte gereeld kan laat gril…


Baardman (pak my nuwe borspomp uit en bekyk alles in die kar op pad dokter toe): “Wanneer kan jy begin pomp?”

Maggie: “Eers ná die geboorte. Voor dit kan daar dalk net ’n klein bietjie kolostrum wees.”

Baardman (gril ’n paar keer): “Whhhhyyyyyy?!”

Maggie: “Wat? Dis wat mens dit noem. Jy gaan in elk geval nou by die dokter ook gross goed hoor.”

Baardman: “Soos wat?”

Maggie: “Muuucusss pluuuugg.”

Baardman (gril die kar byna van die pad af): “Hoekom sal ek dit hoor?”

Maggie (grynslag skelm): “Want ek gaan die dokter vra om dit te sê…”

5 Comments

  1. Estié

    13/06/2016 at 7:55 pm

    Baardman is ‘n knap hand met ‘n doek. Hy het ondervinding met veral die stink variety…vra hom bietjie.

    1. Maggie

      13/06/2016 at 9:02 pm

      Estié, ek glo jou. Dis woorde en tweedehandse kos wat hom laat gril.

  2. Estié

    14/06/2016 at 12:05 am

    Een man se tweedehandse kos is ‘n ander man se leftovers…

  3. Jana

    14/06/2016 at 6:34 pm

    Net so! 34weke swanger. Sien uit daarna om meer te lees.

    1. Maggie

      14/06/2016 at 8:28 pm

      Dankie, Jana! Geluk met die kleintjie!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.