Woord vir woord

Woord vir woord #8: Poepgesig

Maggie en Baardman stap deur die hospitaal ná ons 26-week-afspraak. Sias groei mooi en alles lyk goed.  Maggie is hangry*.


Maggie (frons nors na al die mense wat na haar boep kyk): “Al hierdie tannies wat so vir my maag smile, lyk asof hulle eintlik stilletjies net baie lekker poep.”

Baardman (proes van die lag): “Lekker poep?”

Maggie: “Ja. Of soos Mr Bean wanneer hy ’n idee kry.”

Baardman: poepgesig

*Voetnota: hangry/ˈhæŋgrɪ/adjective -grier, -griest
1. (jocular) irritable as a result of feeling hungry
Word origin: blend of hungry and angry

 

Leave a Reply