Woord vir woord

Woord vir woord #6: Hondehof

Ek is siek by die huis met boonste lugweginfeskie (vir die tweede keer sedert ons van Boekwurm #3 se koms gehoor het), en Bruss en Springsteen pas my op. Of wel, meeste van die tyd…

(Kantnota #1: Ek geniet dit om soms vir Baardman via Skype te guilt trip. Dit werk nooit nie.)


Maggie: “En jy moet nog twee dae sleg voel hieroor. Dan’s jou vonnis verby. ;p”

Baardman reageer nie en rol tien teen een sy oë.

Maggie: “Jy sal self moet besluit oor Bruss se vonnis… Hy was stout…”

Baardman: “Bruss se vonnis? Wat het hy gedoen… Is jou gehoorapparaat* oukei?!”

Bruss Shaming

*Kantnota #2: Februarie 2015

Maggie: “Jou een vellie is nie meer heeltemal heel nie…”

Baardman (vloek eers lekker): “Ag wel, ek dra hulle nie meer nie…”

Maggie: “Dis bisar. Springsteen is so soet en lê by my en dan gaan soek ek ná ’n ruk na Bruss en dan’s HY die stout een.”

Baardman: “Dalk is hy nog altyd die stoute een, en ons blameer net vir Springsteen…”

Maggie: “Dalk… Dan’s hy baie slimmer as wat hy lyk. Tans lyk hy egter baie hartseer vir himself.”

Baardman: “Het jy met hom geraas?”

Maggie: “Jip. Totdat ek nie meer my lag kon hou nie. Nou wag hy buite vir die verhoor.”

Leave a Reply