Woord vir woord

Woord vir woord #11: Wortelkop-probleme

Dis laatmiddag. Maggie sit met Sias op haar skoot terwyl Baardman aandete aan die gang kry. Hulle gesels oor die dag se nuus en natuurlik kom die hele Plett-skandaal ook in die gesprek op. Baardman vertel Maggie van die video waarin van die berugte matrieks ’n videoverslaggewer se Kersbonus verseker.


Baardman (terwyl hy na Sias kyk): “My seun, ek trek vir my so lelike visnet-hemp sonder moue aan.”

Maggie: “En ek so lelike pienk satin nightie en ’n gaterige japon.”

Baardman (waai ‘n sjefmes rond): “En PT shorts met plakkies.”

Maggie (maak Sias sit): “Met sulke groot Antie Stienie-rollers en pantoffels met liggies wat aangaan wanneer ek loop.”

Baardman: “En dan kom haal ons jou so met ’n megafoon daar uit.”

Maggie: “En stuur die video vir almal wat jy ken.”

Maggie en die Baardman staar na Sias asof hulle ’n reaksie verwag. Baardman sien iets raak en tree nader om ondersoek in te stel.

Baardman (met sy neus ’n sentimeter van Sias se kop af): “Sy hare kry ’n rooi skynsel.”

Maggie (aan Sias): “Ai my kind. Ons hoef dan nie te bekommer nie. Niemand gaan jou Plett toe nooi nie…”

Leave a Reply