Woord vir woord

Woord vir woord #10: Voorbehoeding

Ek en die Baardman sit op die bank na aandete – albei redelik uitgeput ná ‘n lang dag en ‘n vrot nagrus die vorige aand. Ons sien ook albei uit na ons eerste voorgeboorteklas die volgende dag. 


Maggie: “Ek wonder wat trek mens na ‘n voorbehoedingsklas* toe aan? Iets gemaklik?”

Baardman (proes van die lag): “Wel, ‘n kondoom is seker ‘n goeie begin?”

Maggie (besef haar fout en begin lag): “Ja en matching windbreaker-sweetpakke!”

Baardman (lag nou kliphard): “En fanny packs!”

Maggie: “Oe! En Spice Girl-skoene!”

Dit gaan vir ‘n rukkie so aan.

Maggie (kyk af na haar bababoep): “Seker nou te laat vir daai sweetpak, though…”

*Ek maak hierdie fout daagliks.

Naskrif: Beverly Goldberg is die versinnebeelding van my moederskapdoelwitte.

 

 

Leave a Reply