Woord vir woord

Woord vir woord #3: Sias en Stinkie

My vriende en familie weet hoe sag my hart vir ’n babahondjie is en ek skimp gereeld vir ’n derde een om by ons twee labradors, Bruss en Springsteen, aan te sluit. Die Baardman weier egter byna as refleks. Nie eens die komende pienkvoet kan hom oortuig nie. Maar aanhouer wen. Operasie Stinkie has commenced.


Maggie: “Ons volgende hond se naam moet Stinkie wees. So ’n snaakse, harerige basterbrakkie. Dink net – Sias* en Stinkie.”

Gerrie: “Ons kan nie ’n babahondjie ook kry nie.”

Maggie: “Ons kan. Sias se eie hondjie. Dit sal baie goed wees vir hom. Hulle sal adorable Instagrams maak.”

Gerrie: “Hoeveel foto’s van ons kind gaan jy op Instagram sit?”

Maggie (skoorsoekerig): “As dit oulik is, gaan dit op.”

Gerrie (snork-grom en dan ná ’n ruk): “So jy wil ’n huilende homdjie en ’n huilende baba op dieselfde tyd hê?”

Maggie: “Ons kind gaan nie huil nie. Hy gaan al kan praat wanneer hy gebore word. Hy gaan net versoeke rig.”

Gerrie: “O? ‘Ouers, ouers…'”

Maggie: “‘… ek benodig bietjie proviand!'”

Gerrie: “En: ‘My boude is effe vuil. Bystand sal waardeer word!'”

Maggie: “Ons kan maar net hoop.”

*Sias is tans ons “working title” vir Boekwurm #3.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.