Boepstories

Die nuus gemis?

Ek en die Baardman is albei lief vir lees. Ons huis vol boeke groet ons elke dag so gul soos wat staatsamptenare by Oakbay Investments ontvang word en wanneer dit opdraende gaan, is dit stories waarmee ons ons siele sus. Dit het dus net sin gemaak om die nuus van die derde boekwurm wat op pad is, in ware bibliofielstyl te deel.

In die video hier onder kry my en die Baardman se gunstelingboeke, Fees van die ongenooides deur PG du Plessis (myne) en The Hitch Hiker’s Guide to the Galaxy deur Douglas Adams (syne), ’n nuwe gespreksgenoot by name Badtyd by. Hopelik is dit nie Boekwurm #3 se gunstelingboek nie, maar as dit is is, sal ons darem steeds ’n kind hê wat meer belese as ons president is.

Kyk en deel gerus die video!

Leave a Reply